28 August 2018

28 August 2018

Dagsê Francois and Span

Brief van waardeering

Eerstens wil ek sê, DUISEND DANKIES vir die puik, professionele diens wat ons van julle ontvang. Die Voortrekkers kan altyd op julle reken, dag en nag.

Hierdie naweek het julle dit net weereens bewys… Ons het sekuriteit nodig gehad om seker te maak ons kinders slaap veilig tydens Goudrand se GGN Voortrekker kamp te Emma Park en julle het uit jul pad gegaan om seker te maak dat die kinders veilig is.

Dit is en bly lekker om saam met julle te werk.

Nogmaals BAIE DANKIE!

N.S Ons gaan beslis seker maak dat elke Voortrekker ouer in ons omgewing weet van hierdie ‘vriendelike spook’ wat saam met ons werk.

Hendri van der Loo

Die Voortrekkers – Oord Goudrand